Lettergreep
Uitgewers

Hoe werk selfpublikasie?

Selfpublikasie beteken dat u as skrywer volle beheer het oor u boek — van die inhoud tot die ontwerp, prys en wins. Lettergreep Uitgewers is u vennoot wat die vakmanskap hanteer sodat u boek van uitnemende gehalte is en professioneel lyk.

Stap 1: Manuskrip Indiening

U stuur u voltooide manuskrip (Word-dokument) aan ons. Ons lees dit deur en gee u gratis terugvoer.

Stap 2: Redigering

Ons doen redigering (inhoud, struktuur en styl) en doen daarna deeglike proeflesing om spelling, grammatika en tikfoute uit te skakel.

Stap 3: Omslagontwerp

Ons ontwerp ’n hoë-gehalte voor- en agteromslag wat perfek by u genre en teikenlesers pas. U kry keuses en gee goedkeuring.

Stap 4: Bladuitleg (gedrukte kopieë)

Ons hanteer die volledige uitleg vir gedrukte kopieë (sagteband- en hardebandboeke).

Stap 5: Bladuitleg (e-boeke)

Ons hanteer die volledige uitleg vir e-boeke (Kindle, ePub) sodat dit netjies en professioneel lyk op enige toestel (Kindle, foon, tablet).

Stap 6: ISBN en registrasie

Ons kry 'n ISBN-nommer vir u boek en registreer dit by die nodige biblioteke en databasisse.

Stap 7: Druk boek en laai e-boek op Amazon

Ons reël drukwerk by betroubare drukkers. U kan in klein of groot hoeveelhede bestel. Ons laai ook u e-boek op Amazon, Takealot, Google Books en meer.

Stap 8: Verspreiding en bemarking

Jou boek word beskikbaar gestel vir verkoop. Ons gee jou raad oor bemarking, sosiale media, lanseerplanne en hoe om jou boek sigbaar te maak.

Hoeveel kos dit?

Wat bied ons?

Gratis manuskrip assesering

Redigering en proeflesing

Professionele boekomslagontwerp (voor- en agterkant en rug)

Volledige boekuitleg vir gedrukte kopieë en e-boeke (Kindle, ePub)

ISBN-nommer registrasie en kopiereg advies

Oplaai na KDP en ander platforms

Persoonlike begeleiding deur die hele proses

Kontak ons vandag